Daar staan geskrywe bewaar jou hart bo alle dinge want daaruit kom die oorsprong van die lewe. In hierdie laaste dae het dit besonders belangrik geword om jou hart te bewaar. Hulle wat uit n geslag kom waar land en volk opgebou is beleef hierdie tye baie negatief. Dit was nie maklike pad wat verby is nie. Dit het baie ontberinge, lang werksure, swaarkry en toewyding gekos. Die suksesse het vreugde en motivering en moed gegee. Ongelukkig lyk dit nou na seisoen van afbreek en uitruk. Bedrog , diefstal en onverantwoordbaarheid is die norm ipv die uitsondering. Dit waarvoor mense hul hele lewe voor gewerk het word gesteel. Geregtigheid verdwyn en duisternis sak toe. Nou is die tyd om te waak teen bitterheid en woede en frustrasie. Hoe moeilik dit ook al is is dit tyd om jouself los te maak van die wereld en dit wat jou hier hou. Dit is n tyd vir n nuwe ewigheids perspektief.
Soos Paulus skryf: Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry – FIL 3:8 AFR53
My vurige begeerte is dat elkeen van ons in staat sal wees om hul denke te vernuwe om soos Paulus te dink en doen. Dat elkeen bereid sal wees om alles prys te gee vir die geloof in JC. Dat wanneer jy voor die keuse sal kom tussen Christus en selfbehoud jy Christus sal kies. Nou is die tyd om die keuse te maak in jou gees sodat as daar so n tyd kom, dit jou instinktiewe reaksie sal wees.
Mag die Here ons bewaar. Genade en vrede vir jul.
David
Amen