Goeie dag.
Dit is aangrypend vreesaanjaend hoe die Prediker die wanhoop van ouderdom beskryf. Tog is daar vir die kind van God n verskuilde boodskap van hoop in die hoofstuk.
EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sĂȘ: Ek het daar geen behae in nie
PRE 12:1 AFR53
Die skrywer gaan voort en beskryf die vrese en belewenisse van oud wees met diepe insig en deernis. Vrees om te val, vroeg opstaan, musiek verdof en vele ander. Die hoop is verskuil in die gedagte om God te vind terwyl jy jonk is. Dan is die belewenis van oud wees dieselfde maar tog radikaal verskillend. Met die Heilige Gees in jou lewe is dood n oorwinning waarna jy uitsien.
Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
I KOR 15:55
Paulus skryf:
Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
II KOR 5:2 AFR53
Hy gee n hele relaas oor die redes waarom n kind van God in afwagting leef om oor te gaan na heerlikheid. In swaar en benoude tye roep die Gees en die bruid uit: Kom ! Open. 22: 17 . Die logiese vraag wat hieruit volg is waar staan ek en jy? Roep jou gees, Kom! , of vrees jy die toekoms? Leef jy met afwagting en verlange, of in wanhoop? Daar is nog tyd, nie baie nie, nou is die welaangename tyd vir bekering tot God. Mag ek en jy deel wees van die vyf wyse maagde.
Genade en vrede.
David