Goeie dag.
Ons dien ‘n awesome God. Daar is geen einde aan Sy goedheid nie. Jer 31 beskryf Sy goeie intensie met Sy kinders. Israel het Hom verwerp maar Hy kom terug om n nuwe verbond te sluit.
Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!
JER 31:21 AFR53
Die Here wil net voorspoed en groei vir Sy kinders gee. Elke kind van God het n leeftyd van hoogtepunte en getuienisse waar Hy hom deur gevat het. Soos die Jode ‘n geskiedenis vanuit Egipte tot by koning Dawid se glorieryke koninkryk het, stap elke mense ‘n eie unieke pad.
Elkeen behoort sy geskiedenis op te skryf en aan sy kinders en kindskinders te vertel van die guns wat beleef is uit die hand van die Here.
Die woordkeuse; mylpale, rigtingwysers, pad is baie interresant. Jeremia gebruik nie die woord monumente nie. Monumente is plekke van dooie geskiedenis wat deur ander beleef is. Verhouding met God is ‘n persoonlike dinamiese lewende gebeurtenis. Dit het rigting, berge, dale, hoogtepunte, teleurstellings maar altyd is daar groei , nooit staties nie.
Verhouding word bepaal deur gister en vandag en nie op gebeure van lank terug nie. Daarom is die nuwe verbond op die harte van mense geskryf en nie in wet boeke nie. (Jeremia 31: 32) . Die nuwe verbond is ‘n begrensde belewenis nie ‘n stel reëls nie.
In watter verbond leef jy, waarin lê jou sekerheid ?
Genade en vrede vir julle.
David