Goeie dag.
Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
MAT 16:21
Jesus was besig om sy dissipels geestelik en emosioneel voor te berei vir dit wat kom. Vir Petrus was dit nie aanvaarbaar nie en hy bestraf Jesus, maar Jesus stel dit duidelik dat hy soos ‘n mens dink. Jesus gaan verder en laat hul ook fisies voorberei.
Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie ‘n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ‘n swaard koop.
LUKAS 22:36
Verder gee die Here ook praktiese raad oor in Openbaring:
…Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
OPEBARING 18:4
Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.
LUKAS 21:21
Die boodskap van Jesus was duidelike ; staal julle vir wat kom. Die Here laat nooit Sy kinders in die duister oor dit wat kom en hulle raak nie. Omtrent al die profete en Jesus maak dit duidelik oor wat gaan gebeur aan die einde van hierdie dispensasie. Vandag nog maak Hy aan Sy kinders bekend wat gaan gebeur.
Ons kan soos Petrus wees en dit weg wens en dit selfs bestraf. Die beter aksie is om nugter te wees en gereed te maak. Elke jotta en titel van die Skrif gaan vervul word ongeag my en jou siening, oortuiging of hoop. Die wat die waarskuwings mis gaan bitter swaar tye beleef as gevolg van hul ongehoorsaamheid. Sommige gaan beter af wees as ander soos in Mat 21:25.
Die doel van ‘n waarskuwing is nie om vrees aan te wakker nie maar om jou tydig te laat voorberei. Dit is tragies om te sien hoe mense deur swaarkry gaan deur dwase besluite. Iemand het gese die toekoms behoort aan hulle wat voorbereid is. Mag elkeen van ons n noodplan in plek hê vir wanneer die moeilikheid kom. Vra God om wysheid in hierdie tyd waarin ekonomiese donkerheid besig is om toe te sak. Ander se middele is ook maar beperk om jou uit jou ignorance te help. Die gaan om meer as olie in jou lampie daar moet ook n spaar kannetjie vol olie wees. Hoe gereed is jy vir wat kom?
Genade en Vrede vir jul.
David