Goeie dag.
Seker een van die mees aangrypende gedeeltes in die Woord is in Matthias 23 vers 37:
Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! .
MAT 23:37 AFR53
Mens kan net hierdie emosies verstaan as jy n hoender hen vir n lang ruk dophou. Hoe sy skrop en die kuikens nader kloek en hul toemaak as daar gevaar is. Jesus het hierdie woorde seer sekerlik nie saaklik geuiter nie maar met diepe hartseer, rou, passie en trane. Ek kan my indink dat Hy hierdie woorde uitgeroep het soos wanhoops kreet, wat die verskeuring in Sy hart verwoord het.
Vir die laaste 2000 jaar het Sy roepstem van genade nog nie stil geword nie. Maar helaas tree die meeste nog steeds soos Jerusalem op. In gebed raak God se hart jou hart, Sy angs oor siele jou angs, Sy trane jou trane,Sy liefde jou liefde. Dan kom jy op die plek waar jy ook ween oor ‘n wêreld wat verlore gaan. Die plek waar jy, Sy emosie beleef vir uitverkorenes soos Hy oor Jerusalem gevoel het.
Miskien sal God sy genade tyd verleng. Lot het gebid het en gepleit het vir Sodom en Gemora, Moses vir die Jode. Kom ons bid vir die gelowiges in Suid Afrika. My bede is dat ek en jy op daardie plek sal kom waar ons harte sal bloei vir mede kinders van die Here wat deur die omstandighede oorweldig word. Deur gebed kan ons hul optel en n muur rondom hul bou. Jesus het vir Petrus gebid en die Here het hom deurgedra.
Is die liefde in jou groot genoeg om vir jou naastes te bid?
Genade en vrede vir jou.
David