Goeie dag. (Tema : leiding)
Het jy al ooit n ma of ouma dopgehou wat n kleuter voer. Dit lyk altyd vir my dat hoe moeiliker die kind eet, hoe groter raak die verskeidenheid en kreatiwiteit van die ma. Vlietuigies wat vlieg, karre wat jaag, gesigte en geluide galore. Is dit nie maar amper so as jy mense moet aan spoor om die regte pad te stap nie, dink maar aan die gestoei met kinders in hul tiener jare, netheid, leer werk, klere dra, ens. Gelukkig is almal se pad nie ewe uitdagend nie. In effek is elke ouer n leier en rigtinggewer in hul kroos se lewens. Dit kom maar saam met ouerskap, onskeibaar. Rom 12:8…. leierskap met toewyding…
N ma se vasbyt met haar kind kan na baie jare haar sukses vier as sy goeie vrugte sien wat dit voortgebring het. Dit is nie net die ouers se insette nie maar ook van God en die gemeenskap, dit bring dankbaarheid. Hierdie dankbaarheid en vervulling kry mens ook uit jou arbeid, wanneer jy kan terugstaan en goeie mylpale behaal is sien.
Dit weerspieel nie noodwendig in jou bank rekening nie maar daar is persoonlike vervulling wat soos fyn goud is. Jou geestelike belewenis deur die lewe word in die hemel bekroon en is die hoogste belewenis. Dan blink daar sterre in jou kroon, die resulttaat van jou leierskap op aarde, hoe gering ook al in jou eie oë.
Genade en Vrede vir jou David.