Goeie dag. (Tema : Beloning )
Na nog n jaar van harde werk smag elkeen na n tydjie van rus en ontsnap van die las wat swaar gedra is. Behalwe die rus en saamwees in die tyd is dit ook n tyd van herlaai en bemoediging. Die lewe is nie net n stryd om fisiese oorlewing nie maar ook n geestelike stryd. Die Woord bemoediging gelowiges in:
ROMEINE 8:18 AFR53
WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Vir gelowiges is Kersfees n herrinering daaraan, dat die lewe wat ons hier lewe is tot eer van God. Dit plaas sin in die lewe want jou moeite en stryd gaan nie net oor kos en uitgawes nie. Jou lewe het agv Christus se koms ewigheidswaarde. Elke gelowige gaan voor die troon van God verskyn om beloning te ontvang vir dit wat hul gedoen het. Volgens die vers gaan die beloning bo ons begrip wees. Daar is nie eerste, tweede en derde plekke nie, elkeen is n waardige wenner. Kom ons kyk met dankbaarheid terug na die jaar se goeie en mylpale en verheug ons daarin dat Jesus se koms ons n ewige erfenis gebring het.
Genade en Vrede vir jou. David