2022/12/26
Goeie dag (Tema : Naby)
Wanneer mens die volgende vers in die die Woord lees, sal dit normaal wees om die akkuraatheid daarvan te betwyfel.
OPENBARING 1:3 NLV
Geseënd is dié een wat die woorde van dié profesie lees, asook dié wat dit hoor en gehoorsaam wat daarin geskryf staan, want die tyd van beslissing is naby.
Hoe kan gebeure wat 2000 jaar terug as naby beskryf was, nou nog nie gebeur het nie ? Om duidelikheid daaroor te kry vereis studie, geloof, en insig. Nugter denke vereis dat ons sal ondersoek of dit werklik die for eindtyd is en of die wêreld dalk nog 2000 jaar gaan wag op die vervulling van Openbaring. Dat elke profesie in die Woord vervul word en vervul sal word is bo alle twyfel reeds bewys. Vir hulle wat bereid is om die beperkinge van hul begrip te aanvaar en verlig te word deur die Woord van die Here nooi ek om saam te stap op n pad van ontdekking. Mag die Heilige Gees ons verstand verlig en die skille van ons oë afhaal on Sy ewige Woord te verstaan.
Genade en Vrede vir jou.
David