Goeie dag.
Om enigsins Bybelse voorspellings (profesieë) te verstaan moet daar n besef wees van wat n mens is. N mens is na die beeld van God geskape.
En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers….
GÉNESIS 1:26 AFR53
U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
Ps 8:6 AFR53
Diere haal asem soos mense maar hul het nie die asem van God in hul nie.
En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
GÉNESIS 2:7 AFR53
Een van die eienskappe wat die mens met God deel is onsterflikheid.
Die mens se aardse bestaan is maar slegs n baie klein deel van sy bestaan, dit word bevestig op verskeie plekke in die Woord:
En wat die dode betref, dat hulle opstaan — het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie? God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.
MARKUS 12:26-27 AFR53
Wanneer ons dan profesieë lees moet ons dit nie lees uit die perspektief van ons aardse bestaan, 70 tot 80 jaar nie, maar uit die begrip van jou onsterlikheid.
Uit die perspektief kry tyd n ander betekenis. Hoe vreemd en vreesaanjaend die begrip van onsterlikheid ook al is, is dit noodsaaklik om jou kop daarom te kry om die Woord te verstaan. Min mense kan vrede maak daarmee dat oudword net die einde van jou aardse tent woning, liggaam is, jou gees leef vir altyd.
Genade en Vrede vir jou. David