2022/12/30
Goeie dag. ( Tema : Hierdie geslag)
God se belofte aan Abraham is nie vervul in sy aardse leeftyd nie. Sy na geslag het eers groot n nasie geword met die die uitreik uit Egipte, honderde jare na die belofte. Soortgelyke is daar belofte in die Woord wat eers vervul word lank na ons aardse bestaan. Vervulling kom met geloof wat nie wankel nie. Weet jy watter belofte God aan jou gemaak het? , as dit nog nie vervul is nie, hou moed daar is nog n ewigheid voor.
Ons is deel van die geslag wat Jesus noem oor die vervulling van die eindtye.
Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
MATTHÉÜS 23:36 AFR53
Gaan lees gerus oor dit wat gaan kom. Die eindtyd is nie n bedreiging vir die gelowiges nie maar hou die belofte in om deur God versorg te word. Heerlikheid wat woorde nie kan beskryf nie.
Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
I PETRUS 2:9 AFR53
In teenstelling hiermee wag vir die ongelowiges onbeskryflik donkerheid en smart.
Kom laat ons bid vir heiligheid in ons lewens sodat ons deel kan wees van die geslag van God.
Genade en Vrede vir jou.
David