Goeie dag. (Tema : Kardinale teken)
Die eerste verstrooing van Israel het gepaard gegaan met n belofte van herstel binne 70 Jaar. Eers aan die hand vd die Assiriers (~722 VC) vir Noordelike ryk van Isreal en toe aan die hand vd Babiloniers vir Juda (597 en 586 VC). Isreal is nooit repatrieer nie net Juda.
En hierdie hele land sal ‘n puinhoop, ‘n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.
JEREMIA 25:11 AFR53,
Sag 1:14, Jes23 :17, Dan 9:2
Die tweede en derde verstrooing van Juda was aan die hand vd Romeine in 70 NC en 132 NC. Die Jode het vir by kans 2000jaar geswerf is is deur die eeue telkemale verdryf van waar hul ingeburger geraak het. Daar is n lang uitgerekte geskiedenis van volksmoorde. vervolging en verbanning.
Hierdie voordurende verstrooing is ook in die Woord voorspel.
Maar die Woord gee ook n belofte van herstel. Die herstel kom met die vervulling van die tye van die nasies.
En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
LUKAS 21:24 AFR53
Die Woord gee geen tydsduur vir die periode nie maar stel dit duidelik dat dit op gevolg word met die tyd van Jakob se benoudheid.
Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
JEREMIA 30:7 AFR53
In die laaste 100 jaar het God Israel versamel en herstel as nasie. Nou wag daar n tyd van ontsettende smart vir hul volgens die Woord.
Hierdie vervulling is in my mening die argument met die meeste gewig dat ons in die eindtyd leef. Dit is tasbaar en werklik en is nie gegrond op enige openbaring of interpretative nie. Die geskiedenis oortuig my dat ons in die eindtyd leef. Ons kan maar net kyk wat gebeur in Israel as barometer van die tyd.
Genade en Vrede vir jou. David