2023/01/06
Goeie dag. (Tema : Abraham gelowe)
Abraham is die Vader van drie gelowe, Judaism, Moslem en Christen. Al drie gelowe is monotheisties, naamlik glo net in een eksklusiewe God wat alle ander gode uit sluit. Die Christen geloof kom uit Jesus Christus wat Judaism as basis het maar vervang het as die bron van redding. Die Jode het Christus verwerp as saligmaker daarom dat Christenskap primêr deur die sogenaamde heidene gevolg word met die uitsondering vd Messianse Jode.
Die eerste twee gelowe vertoon merkwaardige stabiliteit maar die Christen geloof is van die begin af onstabiel. Dit word gekenmerk deur persone met charisma wat ander mislei en uitbuit vir persoonlike voordeel.
Christus maak reeds in Sy tyd melding daarvan:
Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
MATTHÉÜS 11:12 AFR53
Paulus waarsku:
Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.
HANDELINGE 20:30 AFR53
Deur die eeue het hierdie tendense van misleiding voort gegaan met die hoogte punt die laaste twee honderd jaar. Daar is vandag n oorvloed van kerke wat aanspraak maak daarop dat hul die evangelie van JC volg. Jammerlik is hul totaal vyandig is teen die begrip van bekering met berou tot God wat wat lei tot n Heilige lewe soos die Woord dit definieer.
Die wederkoms word vooraf gegaan met n groot afval weg vanaf Woord waardes.
Paulus bespreek die wederkoms in 2Thes2 en verwys daarna in vers 3.
Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf,
II THESSALONICENSE 2:3 AFR53
Ons beleef daagliks hoe die christelike kerke met die wêreld assimileer onder die voorwendsel van liefde, ook met die ander twee Abraham baseerde gelowe. Christenskap is eksklusief gekoppel aan JC en Sy leerstellinge daar is absoluut geen plek vir vermenging nie.
Genade en Vrede vir jou.
David