Goeie dag. ( Tema : hoop op ontsnaping)
Dit is menslike om na die storm te kyk as dit nader kom en te vrees. As jy egter weet wat volg op die storm lê jy net laag dat dit verby gaan en staan dan op. Met die bestudering vd eindtyd gebeure moet dit altyd in gedagte gehou word. Met eindtyd profesieë vertel die Here aan ons hoe erg die storm gaan wees sodat ons nie in onkunde moet wees en wanhopig moet raak nie. Hy berei ons nie net voor vir die storm nie maar ook op die oorwinning na die storm. Maar God laat ons nie in die duister oor dit wat kom nie:
julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
II PETRUS 3:12 AFR53
want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
I THESSALONICENSE 5:2-4 AFR53
Ons sal sien dat dit wat voor lê vir die wêreld vreesaanjaend, verskriklik en onoorleefbaar is. As ons op die oordeel wat kom, fokus sal ons in wanhoop verval. Sy kinders is ingelig uit Sy Woord oor dit wat kom. Daar is n uitweg vir hulle, Christus self verklaar:
Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
LUKAS 21:36 AFR53
Dit is noodsaaklik om ingelig te wees. Dit is met reg dat ons die Woord kan refrein van Jes 21 :
….. Daar roep een my toe van Seïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag? Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.
JESAJA 21:11-12 AFR53
Genade en Vrede vir jou. David