Goeie dag ( Tema: Raamwerk}
Indien mens eindtyd profesieë wil verstaan is dit raadsaam om in die boek Daniel te begin. In Daniel gee God die raamwerk of skets plan oor dit wat Hy beplan vir die wereld. Dit is onmoontlik om n begrip te vorm van die apokaliptiese eindtyd profesieë sonder deeglike ondersoek van wêreld geskiedenis en dit aan die raamwerk te pas. In Daniel 2 vind ons n duidelike gedeeltelik uitleg van die droom van Nebukadnèser , waar God n geskiedenis skaal gee van wêreld gebeure tot die regering van Christus op aarde. Dit is opmerklik dat die openbaring aan n heidense koning gegee word wat dit nie verstaan nie, maar Daniel gebruik om lig te bring.
Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.
DANIËL 2:32-34 AFR53
In latere hoofstukke van Daniel gee God verduidelikings van elke metafoor wat gebruik is.
Daniel en sy drie vriende word in 620VC na Babilon geneem. In die volgende ongeveerd 60 jaar kom die openbarings. Rekenkundig is die tydperk waaroor Nebudkadnèser se droom strek ongeveerd 2600 jaar, en ons is in die tydperk vd voete van yster en klei. Die verbondsvolk se wel en wee word bepaal deur eers die State bond en toe deur die Verenigde nasies. Nie meer deer n enkel koninkryk nie maar deur mengsel van nasies.
Daar is vyf duidelike ledemate wat elk gekenmerk is deur n dominant wêreld heerser in die klassieke wêreld. Dit is belangrik om daarop te let dat al die ryke n direkte invloed op die uitverkore volk gehad het. Die Woord is gefokus op die saligheids geskiedenis en gaan nie oor die bree wêreld geskiedenis nie.
In die volgende profesie van Daniel kom meer detail na vore.
Genade en Vrede vir jou. David