2023/01/16
Goeie dag. (Tema : Drie en n Half jaar)
Die Woord herhaal talle keer dat daar n periode van uiterste onheil kom, die Groot Verdrukking. Dit is die tyd wanneer Israel deur hul swaarste tyd ooit sal gaan. Dit is egter ook n tyd wanneer die duiwel die mensdom verdruk en God se skepping, ook die mens, probeer vernietig.
Dit sal volgens die Woord Israel se moeilikste tyd ooit wees, erger as die verstrooing, die eeue lang vervolging of die Holocaust.
Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.
DANIËL 12:7
Die aankondiging is vooraf gegaan in Daniel 8.
Toe hoor ek ‘n heilige spreek; en ‘n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur — van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid — sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word? En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.
DANIËL 8:13-14
En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jý, hou die gesig geheim, want dit sien op ‘n verre toekoms.
DANIËL 8: 26
Hier sien ons n drie maal bevestiging dat Israel die allergrootste benoudheid gaan beleef in die eindtyd.
Die aanloop daar toe sal sigbaar wees in die wêreld gebeure, n al groter wordende sentiment teen Israel, geregverdig al dan nie. Laat ons bedag wees op die tekens vd tye.
Genade en Vrede vir jou.
David