2023/01/18
Goeie dag. (Tema : Daniel 11 vervul)
Daniel 11 dek die geskiedenis van die volk wat Israel beheer het. Dit begin by die Mede en Perse wat die Assiriers vervang as wêreld heersers tot by koning Herodes wat die tweede tempel herstel het. Dit is nie moontlik om die hoofstuk te lees en te verstaan sonder dat geskiedkundiges die boek vir jou oopbreek nie. Die boek is heeltemal vervul tot in die fynste besonderhede. Dit is vol van bekende karakters soos; Alexander die Grote, Anthony en Cleopatra, Herodus die Grote en ander. Dit dek veldslae en vloote wat veg, familie intrigues, politieke intiges, ontrouheid, massa moorde, en vele meer. Ek laat n link aan die einde wat gebruik kan word om die geskiedenis na te gaan. Die eerste boek hieroor is in die laat 18 honderds gepubliseer en is aflaaibaar met e-sword.
Die ontheiliging vd tweede tempel ( Dan 11:32) is vervul deur Antihogus 1V in Desember 168 VC. Hy het baie gruwelike dinge gedoen maar ook n beeld van Zeus in die temple gebou. As Jesus dan verwys na die afgod wat in die heiligdom staan in Mat 24:15 verwys hy na die verpersoonliking vd afgod, net voor die groot verdrukking.
Ek vertrou dat as u die bronne nagaan duidelikheid sal kry en Daniel in die regte konteks lees.
Genade en Vrede vir jou
David.
link: