2023/01/20
Goeie dag. (Tema : Diere offers)
In die eerste jaar van Koning Darius die Chaldese vors van Babilonië, lees Daniel in JESAJA dat die 70 jaar van ballingskap tot einde gekom het. Sy reaksie hier op was:
En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.
DANIËL 9:3 AFR53
God antwoord hom deur die Engel Gabriel te stuur met n boodskap oor die volk se toekoms:
Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle;……… twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word…… ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
…… hy slagoffer en spysoffer laat ophou;……. Uitreksel uit
DANIËL 9:24-27 AFR53
Dit is n verkorte weergawe vd hooftrekke in die gedeelte. Daar is twee algemene standpunte oor die gedeelte:
Eerstens dat dit volledig voltooi is;
wat die argument aanvoer dat die offer afgeskaf is met die vernietiging vd tempel. Daar is na die vernietiging vd tempel nooit weer geoffer vir bykans 2000 jaar nie. By die argument word ook geveg dat Christus die Ou verbond kom nietig maak het en dat Hy die nuwe verbond is. Die finale verstrooing vd volk was in 134 CE.
Herodus se tempel was die derde tempel, hy het Serubabel se tempel wat gebou was na die ballingskap volledig afgebreek en n nuwe tempel gebou.
Sommige is vd opinie dat die vervulling vd Skrifte wat volg in die toekoms is. Dat daar n vierde tempel gebou gaan word. Die argumente wat hul gebruik is uit:
1) Mat 24:15….. gruwel in heiligdom staan…..
2) Dan 9:27 dat daar n verbond vir 7 jaar gesluit word wat in die helfte verbreek moet word om offerhande af te skaf.
Indien laasgenoemde standpunt verkeerd is kan daar n afwagting geskep word wat nooit gaan realiseer nie.
Besluit wat is die mees waarskynlik en bou jou verwagting op die rots vd Woord.
Genade en Vrede vir jou.
David