2023/01/23
Goeie dag. (Tema : Geheim)
In elke mens se lewe is daar dinge wat jy geheim hou vir verskeie redes. In die wêreld is spioensasie op alle gebiede, in nywerhede, in ekonomies, in persoonlike lewens, juis om geheime te probeer uitvind. As geheime verklap word kan daar baie skade aan gerig word. Die geskiedenis van Simon en Delila is bekend. Koning Herodes se kindermoord is ook die gevolg van inligting in verkeerde hande. As ons dan die Woord lees en nie alles verstaan nie is daar n rede hoekom God dit verberg. Daniel het ook nie al sy openbaringe verstaan nie want die Engel sê aan hom:
En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
DANIËL 12:9 AFR53
Self in Openbaring, juis die boek wat die finale inligting oor die eindtyd bekend maak is daar nog verseelde woorde:
En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ‘n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.
OPENBARING 10:4 AFR53
Daar is verskeie sake in die Woord wat in mysterie gehul is; die tyd van die wederkoms, die bruilof vd Lam, die weg raping ens.
Hier kom geloof en vertroue na vore; hoedanig en tot mate vertrou jy Jesus vir jou saligheid?
Dit was nog altyd vreesaanjaend om jou wel en wee in n ander se hand te plaas, veral as dit die ewigheid bepaal. Ons wil so graag inspring en Jesus help om ons te red. Dit is moeilik om te aanvaar dat ons nie alles mag weet nie. Ons hoef nie alles te verstaan om die Woord te glo nie. Dit wat ons moet weet is in die Woord en dit is voldoende.
Genade en Vrede vir jou.
David