2023/01/25
Goeie dag. (Tema : Joodse Temple)
Hoe onwaarskynlik die bou van nog n Joodse Tempel ook al is, is daar tog n verwysing in die Woord na so n tipe plek. Die behoefte na n nuwe temple is maar baie gering onder die huidige Joodse bevolking. Baie min Otterdoks Jode het so n behoefte, en hul is maar n klein deel vd Joodse bevolking. Die meeste moderne Jode is nie gelowige of atheiste en die Messiaanse Jode glo in Christus as volledige offer. Daar is wel n klein groepe Jode wat hul daarvoor beywer, hul groepeer onder die temple instituut beweging.
Daar is ten minste drie Skrif verwysing na n Heilige plek tydens die groot verdrukking:
And from the time that the daily sacrifice shall be taken away, and the abomination that maketh desolate set up, there shall be a thousand two hundred and ninety days.
Daniel 12:11 KJV
Die enigste noemenswaardige daaglikse offer wat tans gebring word is die gebede by die klaagmuur.
When ye therefore shall see the abomination of desolation, spoken of by Daniel the prophet, stand in the holy place, (whoso readeth, let him understand:)
Matthew 24:15 KJV
who is opposing and is raising himself up above all called God or worshipped, so that he in the sanctuary of God as God hath sat down, shewing himself off that he is God — [the day doth not come].
2 Thessalonians 2:4 YLT98
Daar is te min inligting, en te veel argument oor die saak oor om n geldig afleiding te maak. Die tyd vd die wederkoms is en bly verborge todat die dag aan breek, net die Vader weet. Daar moenie n verwagting wees van n temple wat gebou gaan word, en sal dui op wanneer Christus weer kom nie.
Christus se opdrag is waak en bid dat ons waardig mag wees om die ellende wat kom te ontsnap. Van volgende keer af sal ons in die boek Openbaring delf, wat baie inligting oor die finale tydperk gee.
Genade en Vrede vir jou.
David