2023/01/27
Goeie dag.(Tema : Uitverkorenes)
Daar kan seker met reg gevra word wat die doel van die boek Openbaring is. Daar is twee redes wat onmiddelik tot gedagte kom.
Die eerste is dat God sy kinders ingelig hou sodat hul Sy hand in gebeure kan sien en dit hul geloof versterk. Dit is n beginsel wat Hy handhaaf reeds in die ou testament:
Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
AMOS 3:7 AFR53
Die tweede is dat God se begeerte is dat Sy kerk voorberei en gereed moet wees vir die gebeure. In Open 2 en 3 deel hy met elke gemeente in klein Asië. Hy tree in liefde en besorgheid op en ontbloot elke gemeente se karakter. Die sewe gemeentes tipeer die gedrag en variasie in Sy kerk uit. Alle gelowiges val in een van die beskrywing van n gemeente. Dit is Sy begeerte dat elkeen sy lewe regmaak om hom te kan ontmoet, daarom lig Hy dit uit aan die begin vd Boek.
Geseënd is dié een wat die woorde van dié profesie lees, asook dié wat dit hoor en gehoorsaam wat daarin geskryf staan, want die tyd van beslissing is naby.
OPENBARING 1:3 NLV
Die gebeure wat kom is vas en onveranderlik en ons kan niks daaraan verander nie. Dit is slegs n waarskuwing vir ons en inligting oor wat kom. Ons moet gehoorsaam wees aan die oproep om ons te skik om God te ontmoet. As gelowiges is ons Uitverkores en het die geleentheid om Sy toorn te ontsnap as ons bereid is om aan Sy standard te voldoen.
Paulus stel dit so treffend:
sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
I THESSALONICENSE 3:13
Genade en Vrede vir jou.
David