2023/02/01
Goeie dag. (Tema : Gemeentes)
Teen die tyd dat Johannes die boek Openbaring geskryf het ( ~90 NC) was die kerk sterk gevestig. Die boeke wat Paulus geskryf het was hoofsaaklik gerig aan die gemeentes vd tyd.
(Romeine, Galasie , Korinte, ens). Dit is daarom n misterie hoekom God sewe klein gemeentes gebruik in die openbaring. Hierdie gemeentes het permanensie in die Woord en verteenwoordig sewe tipes. Elke gemeente het n Engel wat permanent en gelyktydig voor die troon is altyd deur. Die gemeentes en engele vorm unieke eenhede. Die Engele waak oor en lei die gemeentes in spreek met hul deur die Gees.
Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê….
OPENBARING 2:11 en ander Skrifte.
Hierdie saak is n verbogenheid:
die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
OPENBARING 1:20 AFR53
Die kerk is deur al die eeue opgedeel in hierdie sewe gemeente tipes. Elke kerk pas in in een vd beskrywing vd gemeentes. Ons sien in die Woord gemeentes bestaan uit individue wat verskillende oortuigings het binne een kerk. Daarom kan elke gelowige self meet wat God van hom dink. Ons sal die gemeente persoonlikehede later bespreek en dogmatiese dwaling daar binne.
Dit is egter belangrik om te let op die spektrum van gedrag asook dié Goddelike eindroeping van elke gemeente.
Genade en Vrede vir jou.
David