2023/02/03
Goeie dag. (Tema : Efese verhouding)
Met die lees van Open2: 1-7 kry ons n positiewe beeld van die gemeente. N deelnemende aktiewe gemeente wat doel gerig en nugter arbeid. Wat gesond leerstellings (vers 6 ) handhaaf en mense beproef en evalueer in hul geloofs dade (vers 2), toegewyd is en volhard. Op die oog af n model gemeente. Maar God kyk anders na die gemeente. Hy erken hul prestasie maar daar is n kwaliteit wat vir Hom belangriker is as werke. Vir God is noue verhouding die prioriteit.
Ons sien dit daagliks in ons eie wêreld afspeel in gesinne. N paartjie begin met min in hul huwelik en werk en bou aan hul toekoms. Dalk kom daar n huis, n motor kinders, pensioen, skool en al die seëninge. Op n dag ontdek hul dat hul so besig was met die lewe dat hul van mekaar vervreemd het. Hul liefde vir mekaar het n stadige dood gesterf agv gebrek aan versorging van hul verhouding. Dan kry mens egskeiding na jare saam, n tragedie.
Vir God is die versorging van ons verhouding met hom die belangrikste.
Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
OPENBARING 2:4-5 AFR53
As n mens nie in staat is om die goed te doen wat gedoen is aan die begin van n verhouding nie, sal die verhouding dood en verdwyn in die niet en bitterheid laat. Efese was goeie mense met goeie bedoelinge maar dit was nodig dat hul hul prioriteite moes herstel. Mag die Here genadig wees om ons te help oor die stand van ons verhoudings, met Hom en met ons geliefdes.
Vandag is die algemene agenda in die kerk maksimum lidmate, n kenmerk van vervlaking eie aan die laaste dae. Daarvoor word klem gelê op vermaak en deelname. Verhouding met Christus wat heiligmaking vereis is nie n gewilde fokus nie.
Genade en Vrede vir jou.
David