2023/02/06
Goeie dag. (Tema: Vreemd)
In Open 2: 7-11 deel God sy hart met die gemeente van Smirna. In net 3 verse omvou Hy die gemeente met Sy liefde vir hulle.
Smirna was n ryk vooruitstrewende stad, n juweel in die Romeinse ryk, waar die kerk bittere vervolging deur gemaak het.
Hul biskop Policarp het op 86 jarige leeftyd op die brandstapel gesterf in die vervolging.
Die gemeente was arm agv die vervolging wat hul beleef het maar was ryk in God.
Ek ken jou werke en verdrukking en armoede — maar jy is ryk — en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
Open 2:9 AFR53
N besondere openbaring volg dan in die Open 2:9b gedeelte vd vers: Mense wat sê dat hul Jode is en nie is nie. Dieselfde verskynsel is ook in die gemeente van Filadelfìa(Open 3 :9) .
Jesus sien dit as n sinagoge vd Satan wat laster teen Hom. Dit is heidene wat n vals identiteit aanhang en aanspraak maak op wat hul nie toekom nie. In Christus is almal gelyk, Jood, Griek, slaaf, vryman,… Kol3:11.
In die duisend jaar vrederyk regeer Christus en Sy uitverkorenes van uit Jerusalem die wêreld (Open 19 :4-6)
Dit is ook die tyd van die vervulling van die herstel van die hele ware Israel, wat hul tot Jesus bekeer. Redding kom slegs deur Hom, daar is geen ander manier nie.
Genade en Vrede vir jou.
David