2023/02/08
Goeie dag. (Tema : Kerklike tug)
In Open 2 : 12-17 praat God met die gemeente van Pergamus. Die altaar van Zeus was in Pergamus. Hierdie tempel is Duitsland toe geskuif en in Berlyn herbou ongeveerd in 1939.
Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.
Open 2:13 AFR53
Dit is insig gewende dat God sê, Satan woon daar en sy troon is daar. Dit gee na my mening die rede hoekom God teen afbeeldinge en beeld van mens en dier is (Deut 4: 15-17). Duiwels woon gerieflik in sekere kunswerke.
Dit wat God vertroon in die gemeente is dat daar vals leringe is en daar nie opgetree word daarteen nie, soos die gemeente van Filipense gedoen het nie. Die leringe van Bileam en die leer vd Nikoaliete word deur sommige in die gemeente aangehang. Dit is beide leerstellings van seksuele immoralteit en perversie. Dit bevat ook elemente van okultisme. Beide oortree direk God se opdragte oor n geheiligde huwelik en kontak met die bose geestes wêreld.
Hierdie is vandag n aktuele onderwerp met die liberalistiese stand van die kerk en New Age denke. God is heilig en Sy liefde is heilig en laat geen plek vir enige standpunte wat nie Bybels gefundeer is nie. Sonde kan nie onder die dek mantel van liefde verdra word nie. Dit is baie duidelik uit hierdie brief aan Pergamus. Kerklike tug en dissipline is n Goddelike opdrag, as dit ontbreek verval n gemeente.
Genade en Vrede vir jou.
David