2023/02/10
Goeie dag. (Tema : Isèbel)
Die gemeente van Thiatìre kry n ongelooflike goeie getuig Skrif by God:
Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.
OPENBARING 2:19 AFR53
As jy daar kon stop sal jy dink hul is perfek, maar hul het tog n vlek op kleed.
Uit die briewe aan die gemeentes is dit duidelik dat sterk leierskap n noodsaak is in n gemeente. Hier vind ons dit erger as in ander gemeentes, daar nie eers teen n enkele persoon op getree word nie.
Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
OPENBARING 2:20 AFR53
As hierdie Isébel, dieselfde karakter het as koning Agab se vrou in Konings (1 Kon 21, 2 Kon 9) is dit inderdaad n slegte situasie.
Manipuleerder, moordenaar, onsedelik, verleidster, hooghartig, afgods dienaar, okulties en op die ou einde hondekos. Letterlik n Satan aanbidder binne in die gemeente wat toe gelaat word om lering te gee en ander te besluier en te werf vir die hel.
Dit is amper asof ons vandag se koerante lees, liberale kerk leierskap wat die ou waardes en oortuigings afmaak. Beswaarmakers word op subtiele wyse op listige maniere uitgestoot, soos met Nabot en sy wingerd. Die gebeure is n vervulling vd profesieë, maar die gevolge vir die skuldiges is fataal. Siekte, lyding en dood (Open 2 : 22,23)
Kom ons bid vir sterk gesonde leierskap in elke gemeente, manne en vroue wat Gees vervul is.
Genade en Vrede vir jou.
David