2023/02/13
Goeie dag. (Tema : Geestelik dood)
As iets nie gees het nie is dit dood. Dit geld vanaf n byeenkoms, n partytjie, dier, mens, en nog baie ander. Sonder energie en futloos, goed vir niks nie, en dan is dit ook nog afstotend.
EN skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood.
OPENBARING 3:1 AFR53
Wanneer n gemeente, of n mens die teenwoordigheid van die Heilge Gees verloor is daar geestelike dood. Dit is duidelik dat die HG begeer om inwonend te wees, daarom staan Hy by die deur en klop (Open 3:20).
Dit is die mens wat die HG weerstaan en teenstaan.
Daar kan in die naam vd Here vergader word, maar Hy kan uit gesluit word deur die Heilige Gees te weerstaan. Die belofte staan dat God die HG gee vir wie daarna vra (Luk 11:13)
Die Here se begeerte is dat ons lewend in die gees sal wees :
Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.
Open 3:3 AFR53
Die dag wat jy weergebore word gaan gepaard met onbeskryflike vrede en blydskap wat oorborrel, hemelse nuwe lewe. Soms raak mens onsensitief daarvoor, maar deur gebed kan jy jou oor geoefen hou om HG se stem te hoor. Soms is die geestelike aanvalle net so sterk dat Sy sagte stem in die geraas oordonder word. Daniel het 21 dae gewag op n antwoord op sy gebed. Kom ons soek Sy teenwoordigheid in die persoon vd Heilige Gees daagliks op sodat ons lewe en oorvloed daarvan kan hê.
Genade en Vrede vir jou.
David