2023/02/17
Goeie dag. (
Die gemeente van Laodicence bring die gebeurtenis waar Jesus die vyeboom vervloek het na vore. Die vyeboom was mooi van as sien maar nutteloos, geen vrug gedra nie. Dit is nie dat daar sonde of vals leringe in die gemeente was soos in sommige ander gemeentes nie. Hul was net op so n plek dat tevrede was met hulself, en nie besef het dat hul geloof net uit vertoon bestaan het nie. Jesus gee om vir die gemeente en gee hul raad hoe om hul te bekeer.
Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
Open 3:18 AFR53
N Godvrugtig lewe bring vervolging waardeur (2Tim 3:12) n mens se geloof gereinig word. Dit is kosbaar der as fyn goud.
Wit klere is die regverdige werke van die heiliges.
En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Open 19:8 AFR53
Salf olie is die simbool vd Heilige Gees salwing. Hy insipreer, bekragtig en lei die kerk. Is dit nog so?
Jesus sê aan die gemeente hy oordeel hul werke, hul doen nie niks nie, maar ook nie veel nie. Net genoeg om as lou geklas te word, net die nodigste. Hy sê nie hul sondig nie, maar dat hul feitlik nutteloos is.
Op persoonlike vlak kan mens seker vra, wie sal my mis as ek nie daar is nie. Hoe groot leemte sal jy agter laat as jy weg is. Maak jy n wesenlike verskil in die lewe van ander of is jy nutteloos in die lewe.
Genade en Vrede vir jou.
David