2023/02/20
Goeie dag. ( Tema: Die Boek)
Soos enige ander goeie boek het die Bybel n inleidende en n slot hoofstuk. In Genesis is die skeppings werke sodat die mens kan verstaan hoe die huidige geslag en die aarde in God se universele skepping inpas. Dan volg die verhaal van lewe voor die sonvloed en hoe die aarde gevul is met mense. Die verhaal gaan dan aan oor hoe die aarde weer gevul is met mense na die sonvloed.
Dwarsdeur die Bybel verhaal strek n goue draad van God se betrokenheid met die mens. Altyddeur hoe Hy uitreik na sy skepsels om die verhouding wat voor die sondeval was tussen Hom en die mens te herstel. Die saligheids plan strek vandag n belofte in Genesis tot die finale afsluiting daarvan in Openbaring. Die Boek Openbaring is die beskrywing van Jesus die seun van God se triomf tog, wanneer Hy terugkom na die aarde om te heers vir n duisend jaar. Weereens n genade aksie na die mens toe voordat Hy die duiwel, sy engele en volgelinge in die hel werp en die aarde vir ewig vernietig.
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Open 1:7 AFR53
Vir die ongeredde mens is Sy koms ondekbare verskrikking, maar vir die wat op Hom wag onbeskryfbare vreugde.
Tot met die einde van Openbaring praat Hy met die kerk, nie as die Lam nie maar as die leeu. Die aanhef tot elke gemeente verskil en beskryf n aspek van Sy Glorie. Gaan lees dit gerus en ontdek wie Hy is.
Dan in Openbaring 5 sien ons Hom
en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
OPENBARING 5:12 AFR53
Hierdie Lam bring dan die oordele van God op die wêreld. Dit is n regverdige oordeel. Die kinders van God word vooraf ingelig oor wat gaan gebeur en hoe die sake gaan uit speel. Dit is ook duidelik hoe hul gaan beinvloed word deur die gebeure. Hul ontvang nie die oordeel nie. As mens dit so beleef, is jy in n posisie van observasie en word versterk id geloof soos die Skrif vervul word.
Genade en Vrede vir jou.
David