2023/02/22
Goeie dag. ( Tema: Jesus)
Elke Christen weet dat Jesus, volgens die evangelies sit aan die regterhand van God die Vader. Verder ken ons Sy title beskrywing; wonderbaar, Raadsman, Sterke God… (Jes 5:9).
Ons is geneig om as ons aan Hom dink, te dink aan Sy gestalte as n dienskneg . Ander dink aan Hom itv Jes 53: vermin, geslaan, verbryselde…
Maar min ken die beskrywing vd gestalte van Jesus in Openbaring 1.
Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
Open 1:12-15
Sy mag word verder beskryf in elke gemeente brief:
Éfese: Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:
Open 2:1 AFR53
Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:
Open 2:1, 8 AFR53
Pérgamus: Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:
Open 2:12
Thiatíre: Dít sê die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:
Open 2:28
Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het:
Open 3:1
Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:
Open3:7
Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
Open3:14
Die duiwels ken Jesus Christus en sidder. Hy het n naam bo alle name en is die konink vd konings. Geen gelyke. As elkeen die regte beeld van Hom het sal ons ook soos Johannes soos n dooie voor hom neer al. Mag elkeen van ons Hom vrees en eerbied gee wat Hy toekom.
Genade en Vrede vir jou.
David