2023/03/01
Goeie dag. (Tema: Tweede Dood)
Die tweede belofte wat die gelowiges te beurt val is:
Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Open 2:11 AFR53
Ons is almal bekend met die eerste of fisiese liggaam wat doodgaan, maar dan is daar ook n tweede dood. Die tweede dood is die aller verskriklikeste dood. Dit is nie n dood waar jy van niks bewus is nie, nee dit is om lewend dood te wees.
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Open 21:8 AFR53
Vir die gelowiges geld die belofte:
Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Open 20:6 AFR53
Die eerste op standing is waar die fisiese liggame van die gelowiges oordek word met n verheerlikte liggaam(1 Kor 15, 1 Thes4 , Fil 3:21)
Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Joh 5:28-29 AFR53
Die gees vd mens keer terug na God met sy afsterwe maar sy liggaam bly:
en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
PREDIKER 12:7 AFR53
Die gees vd mens kan in een van twee plekke wees volgens Lukas 16 : 19 – 31 , lees dit gerus.
God het nie die mens gemaak om die verskriklike verskriking vd doderyk te beleef nie, ook nie om in die poel van vuur gewerp te word nie. Dit is nie Sy wil dat enige en verlore gaan nie.
Daarom moet die mens die goeie boodskap van verlossing aangryp.
Genade en Vrede vir jou.
David