Goeie dag. (Tema: Morester)
Hoe meer die besef van die rykdom van Sy genade en Sy almag n werklikheid word in n mens se lewe, hoe groter raak jou geloof en verlange.
Hoe beter wil jy jou taak hier op aarde voltooi. Die belofte aan die oorwinaars is identies aan die van van die manlike kind van Open 12:5.
En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee.
OPENBARING 2:26-28 AFR53
Regeerder saam met Jesus oor nasies met n ysterstaf.
Die tweede deel van Skrif, Môrester vra verduideliking.
Ons lees die eerste keer vd môrester in Jes.
Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
JESAJA 14:12 AFR53
Hier word verwys na Lucifer wat die titel en amp van die Môrester gehad het. Dit het oor gegaan op Jesus en gaan oor na die oorwinaars uit die gemeentes.
Ek, Jesus,……… Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
OPENBARING 22:16 AFR53
Jesus gee die amp van môrester oor aan die oorwinaars uit die gemeentes, Open2:28.
Met die verstand en gemoed verwerking van hierdie Skrif gedeeltes, kom daar n besef oorweldigende besef van n mens se huidige beperk inge in begrip van die Godheid. Laat ons bid vir wysheid en insig om God se beloftes te verstaan.
Genade en Vrede jou. David
Amen!