Goeie dag. (Tema : Vyfde sëel)
Iewers in die lewe het almal n lyn getrek en gesê : tot hiertoe en nie verder nie. Met die vyfde sëel se oopmaak trek God n rooilyn. Hy sal nie toelaat dat een enkele gelowige verder hul lewe sal verloor vir hul geloof nie. Daar is n punt wat Hy beskryf as voltallig, nie verder nie. Hierdie sëel verskil vd ander deur dat dit nie n nuwe oordeel bring nie. Die gebeurtenis vind in die hemel plaas met geen aandui ding daarvan op die aarde nie. Met hierdie sëel beantwoord God hulle onder die altaar se vraag oor wanneer Hy hul dood gaan wreek . Immers die Woord stel dit duidelik dat aan Hom die wraak toekom.
En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.(v9)
En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
OPENBARING 6:11 AFR53
Die gelowiges onder die altaar word vertroos en uitgerus met oorwinning klere, hul wag is byna verby. Wanneer hul voltallig is kom die oordeel van die sesde sëel en stort God Sy toorn op die wêreld bewoners uit. Daar word geen tyd aan gekoppel nie, maar net verwys na n kort tydjie.
Die hele hemel is in afwagting op God om Sy werk te voltooi.
Genade en Vrede vir jou.
David