Goeie dag. (Tema : Kerk era)
Dit is baie maklik om uit die volgende Skrif verwysing die gevolgtrekking te maak dat dit die einde van die kerk periode is na Openbaring 3.
NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
OPENBARING 4:1 AFR53
Die kerk van Christus, die resultaat van die Nuwe Testament kom nooit tot einde nie.
Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan —
DANIËL 2:44 AFR53
In Mat 3, preek Johannes dat die koninkryk van die hemele naby gekom het.
Jesus stuur die dissipels uit met die opdrag :
En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
MATTHÉÜS 10:7 AFR53
Wat verskil van die laaste 2000 jaar is dat Jesus die sluimer oor die Jode weg neem sodat hul Hom as die Messias kan herken ( 2Kor 3)
Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
ROMEINE 11:25 AFR53
In die duisend jarige vrede ryk sal die Evangelie steeds aan almal verkondig word, Joodse en heidene.
Genade en Vrede vir jou.
David