Goeie dag. (Tema : Eer betoon )
Ons het in die afgelope tyd gekyk wat die status van die oorwinaars uit die kerk, in die ewigheid sal wees. Dit sluit af met die hoogte punt van hierdie openbaring in die brief aan die gemeente van Laodicea.
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
OPENBARING 3:21 AFR53
Jesus praat van twee trone, die vd Vader en ook Sy eie. Die mens kan aan die regterhand van Jesus sit nie aan die regterhand van die Vader nie. Die mens wat geheilig is se lewe is in Christus en soek nie eie eer nie. Alle eer behoort aan God en niks aan geskape wesens nie. Hul volg die protocol van die vier lewende wesens wat voordurend hul krone voor die Vader neerlê.
…. val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
OPENBARING 4:10-11 AFR53
Laat ons altyd besef dat:
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
EFÉSIËRS 2:8 AFR53
Daar wag onbeskryfbare eer op die oorwinnaars, maar dit is alles tot eer van God, nie die mens nie.
Genade en Vrede vir jou.
David