Goeie dag. (Blye verwagting)
Deur al die eeue en tye van vervolging het die hoop en verwagting om met Christus verenig te word die gelowiges deurgedra. Goeie verwagting motivereer mens tot aksie, tot meer doen en meer toewyding. Ek dink dit is die doel van Openbaring 1 tot 4. Dit verwoord die eindoel en resultaat van n lewe in Christus, die vervulling van die beloftes van die Evangelie. Wanneer gelowiges as kinders van God en mede erfgename met Hom gaan woon. Dit bemoediging die kerk van Christus nog deur al die eeue, en is nog steeds n riglyn tot geregtigheid en n belofte van wat wag.
Die vervulling van die res van die Openbaring 5 tot 20 is maar n bitter kort tydjie in die geskiedenis vd mensdom. Sewe jaar waarvan drie en n half jaar gereserveer is vir die uitstorting van God se toorn op die ongelowiges. Self in hierdie tyd is God nog steeds genadig en wis nie die mensdom uit nie. In die millinium wat volg is daar nog steeds volke en koninkryke, met n vry wil. Sommige gaan Sy heerskappy aanvaar en ander nie. Almal sal n tyd van voorspoed en vrede aanvaar want die Duiwel is vir die duisend jaar gebind.
Volgens die Woord sal die leeu en die lam dan veilig saam wei, n metafoor vir geen geweld en onreg.
Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sĂȘ die Here.
JESAJA 65:25 AFR53
Dit is die tyd van die Utopia waarna alle mense verlang en op hoop, maar dit is net deur Christus moontlik.
Kinders van God het n groter verwagting as n Utopia, in hulle leef die Heilige Gees van God. Hul verwagting is om met God herenig te word in die hemele. Hierdie verwagting berus op die openbaring in Open 1 tot 4. Dit is die kerk se Blye verwagting.
Genade en Vrede vir jou. David