Goeie dag. (Tema : Verval datum)
Die aarde het n verval datum wat naby is. Dan is dit op gebruik en word verbrand soos ou verslyte klere, wat nie eers goed genoeg is vir lappe nie. Dit het nie eers hergebruik waarde nie.
Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
II PETRUS 3:10 AFR53
EN ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
OPENBARING 21:1 AFR53
Die Woord sit n verval datum op van; na die 1000 jarige vrederyk na die oordeel van almal voor die groot wit troon.
Alles op die huidige aarde is tydelik behalwe die mens. Dit is daarom dat die Woord sê:
MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
MATTHÉÜS 6:19-20 AFR53
Uitstekende raad, belê in die ewigheid, mag elkeen van ons die raad volg.
Genade en Vrede vir jou.
David.