Goeie dag. (Vooruitsig)
Daar is n rede vir elke aksie wat n mens doen. As jy dors is drink jy water, honger eet, werk loon , moeg rus ens.
So sien ons ook in die Woord:
….. Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
HEBREËRS 12:2 AFR53
Dit maak sin om Sy voorbeeld na te volg. Ons het in die briewe aan die gemeentes die besondere beloftes wat voorgehou word vir hulle wat oorwin. Soos ons verder in die Openbaring gaan sal die absolute wonder vd hemele meer sigbaar word.
Saligheids het van Christus n prys gevra maar vra ook van jou n prys om hierdie beloftes te kan beërwe.
Ons is net voor die Paasfees waar ons die lyding en oorwinning van Christus gaan herdenk. Geen menslike lyding kan daarmee vergelyk word nie
…… Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
JESAJA 53:5 AFR53
Lees gerus die twaalf verse dat n duidelike beeld van Sy lyde tasbaar kan word.
Hy was gemotiveerd om graf, hel dood en n derde vd engele aan te vat en te oorwin om nie net daardeur eer en heerlikheid te verkry nie, maar ook vir die vreugde wat ek en jy sal beleef deur Sy oorwinning. Hoe kan ons ooit dankbaar genoeg wees vir die saligheids wat Hy gebring het. Ons lewe in en deur die vooruitsig wat op ons wag. Is dit nie dan die prys werd om alles ter wille daarvan prys te gee nie.
Genade en Vrede vir jou.
David.