Goeie dag. (Tema : Reëls)
Volwasse verhoudings is nie op reëls geskoei nie maar op liefde, grense en belewenis. Dit is onmoontlik om houding, gevoel en belewenis te beskryf itv reëls want dit is abstrakte kwaliteite. So byvoorbeeld beleef ons dat grense in n huwelik is vloeibaar, en nouer raak met tyd. Soos die verhouding positief groei verander die liefdes taal positief en word liggaams taal al meer gelees om aan nie verbale behoetes te voldoen. Dit lei tot n dieper meer intiemer emosionele verhouding.
Met reëls kom verpligtinge en regte. Met liefde is daar grense en voorregte. Liefde is die sterkste positiewe emosie en haat die sterkste vernietigende emosie.
God is liefde daarom het Hy Sy enig gebore Seun gegee sodat almal wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie….. Joh3:16.
Jesus het die wet volkome vervul sodat almal wat in Hom is nie onder die wet en reëls is nie. Ons is in verhouding met Hom waarin liefde, grense en belewenis die bepalende aksie is.
Buite die verhouding is godsdiens, binne die verhouding is kindskap of Christenskap. Dit is of die een of die ander dit kan nie n mengsel wees nie. Hy seën Sy kinders uit liefde, nie uit verpligtinge of hul regte nie. Hy red Sy kinders sonder verdienste uit genade.
ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered
EFÉSIËRS 2:5 AFR53
MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,…..
II TIMÓTHEÜS 3:1-2 AFR53
Alles eienskappe wat buite die aard van liefde is.
Soos ons hierdie swaar tye beleef, mag elkeen die heiligmaking na streef, wat die bewys van liefde is.
Genade en Vrede vir jou.
David