Goeie dag. (Tema : Afwagting)
o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
PSALMS 8:10 AFR53
Vir baie van ons was skool gaan, myself ingesluit, n uitdaging. Tog was dit n noodsaaklik pyniging, met sy eie lekker, wat die basis gevorm het van ons volwasse lewe. Geen spyt daaroor nie maar net dankbaarheid vir die voorreg.
Jesus se kort lewe op die aarde is die offer wat nodig was om alles nuut te kan maak. In n sin was dit n tyd van vernedering waarin die Seun van God as n sterflike dienskneg mens moes lewe en Sy lewe kom aflê terwille van ons (Jes 53). Daar is geen spyt oor dit wat Hy gedoen het en nagelaat het nie, maar net dankbaarheid en vreugde. Die kruis is n simbool van lyding, maar veral n groter simbool van oorwinning.
Dit is die bron n verwagting vir elke kind van God wat deur die eeue aangegryp is in tye van benoudheid. Daar is n belofte dat Hy weer kom, die Engele het gese:
….. Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
HANDELINGE 1:11 AFR53
Daarom is die bede van die gelowiges nog al die eeue:
En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
OPENBARING 22:17 AFR53
Die hartseer in Paastyd is dit wat ons was en oor hulle wat Hom nog nie gevind het nie. Maar die vreugde en dankbaarheid is groter as die traan.
Genade en Vrede vir jou. David