Goeie dag. (Tema : Anti-Chirstus)
In Open 6 kry ons die beskrywing van die seëls van n verseelde boek wat oop gemaak word. Let daarop dat elke seël n oordeel bring, dus is die ruiter nie Christus nie maar Sy teen-pool. Die eerste seël is:
En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Open 6:2 AFR53
Sy wapen is n boog en nie n swaard nie. N swaard is vir direkte konfrontasie, hand tot hand, en n boog n afstands wapen. Dit is waarskynlik dat hy nie direk betrokke sal wees in die vernietiging aksies nie maar ander sal gebruik. Hy het n kroon, is n oorwinnaar en gaan verder oorwin. N wêreld monarg en diktator. Die geskiedenis leer ons dat diktators mag en eer behep is. Hitler se volgelinge was verplig tot n eer betoon, Stalin was verantwoordelik vir 20 tot 60 miljoen Russe se dood, Mao Zedong tussen 40 en 80 miljoen Chinese.
Hierdie persoon gaan die eerste wereld diktator wees. Die Woord noem hom, die verleier, vernietigend, seun vd verderf.
Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf,
II THESSALONICENSE 2:3 AFR53
Onder hom vind die groot verdrukking plaas. Hy staan vir alles wat teen God is, mense moordenaar, dief, leunaar, duisternis.
Die goddelose ontvang in hom die begeerte van hul harte omdat hul duisternis gekies het. Dit is egter meer as wat hul gereken het, ellende op ellende.
Kom ons dank God vir Sy genade in ons lewens, en bid en werk vir die redding van siele.
Genade en Vrede vir jou.
David