Goeie dag. (Tema : Christus is Waardig)
Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
OPENBARING 5:9 AFR53
Die verseëlde boek van oordele, wat deur God die Vader geskryf is, se geheimenisse kon net openbaar gemaak word deur die oopmaak daarvan. Niemand behalwe die Vader het die inhoud daarvan geken nie. Dit is daarom dat Johannes geween het, want as daar niemand was om dit oop te maak nie kon die verlossing plan nie voltooi word nie. Jesus het waardigheid verwerf deur Sy eie lewe af te lê en die bose te oorwin. Hy het absoluut niks terug gehou van homself om dit te kon bereik nie.
Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
FILIPPENSE 2:6-7 AFR53
Omdat Hy alles gegee het verwag Hy ook dat elkeen van ons Hom bo alles moet liefhê en ons kruis opneem.
Die moeilikste aksie vir n mens is om sy eie wil en begrip onder God te stel
Die menslike karakter is om homself op watter subtiele wyse ookal, te verhef na mag. Goed soos voorkoms, geld, status, koppigheid, begrip, sukses ens. Dit is opsig self nie sleg nie maar dit moet buig voor Christus se wil. Dit het Jesus bloed sweet gekos wil om Sy wil neer te lê, omdat Hy volle begrip gehad het van die prys wat Hy moes betaal. Om die ewige lewe te beërwe, vra ook alles van jou en my. Hulle wat hul eie kop en begeertes volg sal gedwing word om te buig, dit is die oordeel.
Genade en Vrede vir jou.
David.