Goeie dag. (Tema: Tweede sëel)
En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.
OPENBARING 6:4 AFR53
Verskeie vertalings gebruik die uitdrukking vuurrooie en ekwivalent om die intensiteit van die gebeure uit te druk. Rooi is die kleur van bloed en hierdie oordeel dui op n slagting. Die hele vers spreek van oordadige geweld; vuurrooie, vrede wegneem van aarde, groot swaard. In Mattheus 24 is n beskrywing vd eindtyd wat die volgende vers insluit:
Om die waarheid te sê, as God nie ingryp en daardie tyd van swaarkry verkort nie, sal niemand dit oorleef nie. Maar ter wille van sy uitverkore mense sal dit wel verkort word.”
MATTEUS 24:22 NLV
Wat meer vreesaanjaend is dat die perde of oordele nie een vir een kom en verdwyn nie maar parralel loop. Die hele wêreld is vervul van wapens wat die totale bevolking kan uitwis en die ontwikkeling en bewapening gaan steeds voort, self op persoonlike vlak.
Kinders van die Here het die voorreg :
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:7 AFR53
Kom ons bly is Sy vrede.
Genade en Vrede vir jou.
David