Goeie dag. (Tema : Derde seel)
En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
OPENBARING 6:5 AFR53
Ek het toe ’n geluid soos ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: “’n Skep koring vir ’n dag se loon en drie skeppe gars vir ’n dag se loon. Moet tog nie die olyfolie en die wyn skade aandoen nie.”
OPENBARING 6:6 NLV
Geweld versteur die normale verloop van sake. Dit lê ekonomiese bedrywighede aan bande wat voedsel produksie striem. Die oorlog in Ukraine het landbou produkte duurder gemaak deur dat kunsmis en produkte nie uit gevoer kon word nie. Dit het n nadelig sneeubal effek op op voedsel pryse. Tot die mate dat gesinne hul basiese voedsel behoeftes nie mee kan bekostig nie.
N tweede groot invloed is abnormale klimaat toestande. Deur die eeue het droogtes en plae gelei tot armoede en dood. Die slegste periode in Europa was vanaf 536 NC toe die n vulkaan in Ysland uitgebars het gevolg deur 2 ander daar geen oeste was vir meer as n jaar nie omdat daar te min son was.
Hierdie seël openbaar n tydperk van hongersnood soos nog nooit nie. N tydperk waar n dag se loon net n brood sal op lewer en olie en wyn, dus luukse kossoorte, onbetaalbaar duur sal wees.
Elke keer as mens kos moet koop ervaar jy die voorloper in kleine van wat gaan kom. As mens dit nou al voel aan jou sak hoe gaan dit wees as die profesie vervul word, traumaties. Gelukkig openbaar God dit wat gaan kom sodat ons kan voorberei. Mag Hy Sy kinders die wysheid daar toe gee.
Genade en Vrede vir jou.
David