Goeie dag. (Tema : Vaal perd)
Die apostel Johannes gee die volgende beskrywing van die oopmaak van die vierde seel :
En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
OPENBARING 6:8 AFR53
Dit is die beskrywing van die gekombineerde effek van dit wat gebeur onder die heerskappy van die ruiter op die wit perd. Die slagting van geweld van die rooi perd en die hongersnood van die swart perd word uitgebrei met nog twee oordele. Pes siektes en dood deur wilde diere.
Die Woord stel dit dat n kwart vd aardse bevolking daardeur vernietig word. Een uit vier mense, dit is elke tweede huis in n straat as daar net twee mense per huis woon. Dit is erge ellende wat wag, wat geen regdenkende mens wil beleef nie. Die Woord openbaar dat die opvolgende plae toe neem in intensiteit van verskriklike tot ekstreme. Daar behoort n angs noodroep tot God uit te gaan van elke gelowige dat Hy arbeiders sal uitstuur om die oes in te samel . Dit is nie Sy wll dat enige een verlore sal gaan nie, nog minder dat mense hierdie ongeewenaarde ellende moet deur gaan. Sy hart bloei omdat mense nie die weg van verlossing wil kies nie. Mag elke mens sy keuse vir God vas maak en volhard.
Genade en Vrede vir jou.
David