Goeie dag. (Tema : Sesde sëel)
Die sesde sëel is so n dramatiese gebeurtenis dat die hêle wêreld besef dat God se oordeel kom.
… en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
OPENBARING 6:16-17 AFR53
Hierdie gebeurtenis word ookin Mat 24 en in Open 6 : 12-14 beskryf.
EN dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
MATTHÉÜS 24:29 AFR53
In hierdie tyd word die gelowiges weg geraap, aan die einde van die groot verdrukking.
Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
I THESSALONICENSE 4:17 AFR53
Hierna volg die oordele van God op die wêreld. Hierdie is die tweede wegraping .Daar is n derde koms van Jesus as Hy op die olyfberg neerdaal, na God se oordeel voltooi is, na die sewende basuin. Dan volg die duisend jaar vrederyk. As jy wonder oor die eerste wegraping, ons sal nog daar by uitkom.
Genade en Vrede vir jou.
David