Goeie dag. (Tema : Die Lam)
Op n Woensdag meer as 2000 jaar terug, met Paasfees is die Skrif vervul:
…… sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
JOHANNES 1:29 AFR53
Christus het op die dag, Graf, Hel en Dood oorwin en die sonde vd wêreld weg geneem, vir die wat in Hom glo.
Die dag se gebeure was die grootste dag in die geskiedenis van die mensdom, maar ook in my en jou lewe. Die dag sal nooit ter ewigheid vergeet word nie. Dit is vasgelê in die fondament van die nuwe Jerusalem en in die troon kamer van God waar Sy eie troon ook is.
As ons name nie in die boek van die Lam is nie, is ons nie deel nie in die ewige hemel nie (Openb 21:7). Die Lam is sentraal in aanbidding in die ewigheid.
En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
OPENBARING 21:22 AFR53
en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
OPENBARING 5:12 AFR53
Sy lyde het ons verlossing gebring en daarom kan ons juig en God en die Lam loof. Die vreugde is groter as die lyde.
Genade en Vrede vir jou.
David.