Goeie dag. (Tema : Nuwe naam)
Die seeninge van die Here vir Sy kinders is groter as wat n mens ooit kon verwag. Soos mens dit bestudeer begin jy begrip kry van die posisie wat Hy vir Sy kinders beplan het. Dan maak die Skrif dat hulle engele gaan oordeel sin.
Dit gaan nie net oor die hiernamaals nie maar begin met hul aardse wel en weë.
Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
OPENBARING 3:10, 12 AFR53
Hy bewaar Sy kinders in die tyd waarvan die Skrif praat as n tyd wat nog nooit so erg was of weer sal wees nie (Mat 24:21).
Verder plaas Hy hul in vertrouens posisie, pilare in God se tempel, waaruit hul nooi weer verwyder sal word nie. Op die oorwinaars kom die Naam van God en die nuwe Jerusalem. Almal sal hul kan sien soos hul God vereer in hul nuwe posisies.
En dan die laaste deel van die vers: n nuwe naam vir Jesus, al reeds die naam bo alle name. Wie kan dit begryp?, wie kan dit verstaan, net God. Alle eer kom Hom toe. Die lied skrywer sing:…. soetste naam in Serafslied, soetste naam in God’s gebied… Jesus diebre Jesus.
Genade en Vrede vir jou.
David