Goeie dag. (Tema : Gebeurtenisse)
Om te kan sê hier na of daar na moes daar n aksie gewees het wat op gevolg is deur n volgende aksie.
NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
OPENBARING 4:1 AFR53
Tot op daardie oomblik het reeds verskeie dinge gebeur in die openbaring:
Die verheerlikte Jesus is aan die kerk openbaar. Tot hier het ons nog net Jesus die Lam geken. Nou word Hy in Sy krag openbaar.
Die geestelike gesondheid van die gemeentes is openbaar. Dikwels het ons n verkeerde opvatting oor ons self, goed sowel as sleg. God gee elke gemeente insig in hul ware toestand.
Die Beloning van die oorwinaars is openbaar. Die Beloning van oorwinaars is bo menslike denke groot. Mens staan oorbluf.
Daar is erkenning gegee aan die vervolging van die gemeentes. God gee aan die gemeentes n oorsig van hul verdrukking. Dit wys Sy omgee en liefde en dat Hy hul sal deur dra as hul vashou.
Die mens se nietigheid is duidelik sigbaar in dit wat Johannes fisies beleef, dit was oorweldigend. Die Glorie en krag van die hiernamaals slaan Johannes plat.
Elkeen van die gebeure spreek boek dele oor wie en wat God en Jesus en die Gees is. Die groot Tema is liefde en geregtigheid. Die tyd ontbreek om elke punt te bespreek maar dit is kosbaar. Bepeins dit gerus self.
Wat nou in Openbaring volg is n nuwe insig oor hoe dit lyk in die troon kamer vd God. Die Glorie is oorweldigend.
Ons sal dit die volgende keer aan raak.
Genade en Vrede vir jou.
David