Goeie dag. (Tema : Interpretasie)
Tot en met die einde van Openbaring 3 is die Skrif verstaanbaar uiteengesit. Dit wat volg is buite die mens se ervarings veld. Daarom is daar n magdom boeke, films en bespiegel inge oor dit wat hierna volg. Om absolute uitsprake en verdiidelikings te probeer maak is baie gevaarlik, dit kan mens die ewigheid kos. Dit is so maklik om jou siening as die waarheid te verkoop en daardeur n vals leraars en misleider te word.
Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
I KORINTHIËRS 13:12 AFR53
Die volgende Skrif verwysing kies ek uit die baie vertalings omdat dit moontlik na die hele Woord verwys, terwyl ander vertalings verwys na die wet.
I can guarantee this truth: Until the earth and the heavens disappear, neither a period nor a comma will disappear from the Scriptures before everything has come true.
Matthew 5:18 GW
Die hele Skrif is deur God gegee, daarom sal alles vervul word. Elke profesie, belofte, straf, en gebeurtenis. Ons fokus moet bly by die Evangelie soos deur Christus openbaar deur Sy diensknegte. daarin lê ons redding. Die res is kosbaar maar is vir bemoediging, leering, teregwysing en weerleging. Dit is noodsaaklik om daaroor te kommunikeer met ruimte soos Job en sy vriende gedoen het, sodat jou oortuigings geslyp en getoets kan word.
Kom ons bly gesels oor Openbaring en verryk mekaar daardeur. Soos ons die gebeure sien of nie sien afspeel sal ons geloof deur die vervulling daarvan versterk word.
Genade en Vrede vir jou.
David.