Goeie dag. (Tema : Twee gebeure)
In Mattheus 24:3 vra die dissipels Jesus oor wanneer die einde van die wêreld is.
Dan noem Jesus vier gebeure wat volg voor die einde:
Evangelie word verkondig oor die hele wêreld.
Die gruwel uit Daniel gaan staan in die heiligdom.
Die groot verdrukking volg.
Die son en maan verduister en sterre val.
Dan eers kom Christus op die wolke.
LUKAS skryf oor dieselfde onderwerp, maar Jesus lig n ander aspek uit oor die Joodse volk.
En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
LUKAS 21:24 AFR53
Hierdie profesie was spesifiek gerig op die Jode wat teen 130 NC final uit Israel verwyder is tot in die twintigste eeu. Met die herstel van Isreal is die tye vd nasies vervul.
Dan gaan Lukas aan en noem die groot verdrukking.
Jesus bemoediging die kerk of gelowiges met die woorde:
En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
LUKAS 21:28 AFR53
Dit is nie van toepassing op die dissipels nie want hul is reeds lankal dood. Dit is dus n boodskap vir die laaste generasie.
Jesus herhaal die bemoediging:
Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
LUKAS 21:36 AFR53
Die wêreld beleef swaar en benoud tye op hierdie oomblik, maar geen een van die finale tekens is al vervul wat Sy wederkoms vooraf gaan nie. Dit is nog nie die groot verdrukking nie. Die groot verdrukking gaan die merk bring waar sonder daar nie handel gedryf kan word nie.
Dit is vir ons om te waak en te bid om waardig te wees waarvoor Hy ons geroep het.
Genade en Vrede vir jou.
David